South Africa, United Kingdom
+27 72 223 2210
info@streamtheangels.com

Marius Lourens

In loving memory of Marius Lourens

If your live stream does not start when expected, please refresh your page. If you still struggle to view the stream please click on our live chat for assistance.

Leave a message for Family and Friends

Comments are only available during the live service and are moderated. Refresh you page a few minutes after you submit to view comment.

Comments: 8

  1. Alwyn en Naomie says:

    Mariana en kinders
    “Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.”
    ‭‭PSALMS‬ ‭126:NLV

  2. angel admin says:

    Mag God by julle wees en bemoedig
    – Philinda Botha

  3. angel admin says:

    Ons is met julle vandag in hart soos ons, ons geliefde Marius groet.
    My hart is so dankbaar vir die impak wat hy in ons lewens gehad het en
    dat ons die vooreg gehad het om onder sy bediening en vriendskap te
    verkeer. My grootste dankbaarheid is dat ons n paar weke gelede mekaar
    by die Padstal in patensie raak geloop het en so lekker kon gesels. Ek
    en Stephan onthou elke woord van die gesprek en dit het ons harte
    versterk vir ons journey voorentoe. Ons dink aan julle en stuur ons
    diepste meegevoel.
    – Lize Fouche en Stephan Gericke

  4. angel admin says:

    Baie sterkte, ek dink vreeslik baie aan julle vandag. Mag Die Here
    julle dra in die moeilike tyd. Mariana wat n wonderlike voorreg is dit
    dat ek julle van Laerskool Rowallanpark se tyd ontmoet het.
    Wonderlike mense en familie. R.I.V Ds. My geliefde PSALM 23 aan julle.
    Julle is in my gebede.
    – Desiree Spies

  5. angel admin says:

    Die paar keer wat ek vir Marius gesien het was wow oomblikke. Sy
    humor, lewensvreugde, entoesiasme en rustigheid was aansteeklik.
    Sy ongelooflike kunstalent was net bewonderenswaardig, wat ñ
    wonderlike nalatenskap is dit nie om vir altyd te koester.
    Hy sal onthou word as die kunsenaar- predikant van Vanstadensrivier.
    Sterkte vir vandag dit gaan nie maklik wees nie. Julle het voorwaar
    unieke bloudruk herinneringe om te koester.
    Baie liefde uit Lichtenburg
    – Ria Carelsen

  6. angel admin says:

    Ons woorde is min, trane baie en die onwerklikheid n realiteit. Ons
    dra julle op en hoop dat die Vertrooster julle styf vashou.
    – Maja

  7. angel admin says:

    Sterkte vir julle. Hy sal altyd onthou word. Liefde.
    – William en Hester Shedden

  8. angel admin says:

    Marius het diep spore in baie se lewens getrap – ook op alle vlakke
    van die samelewing. Hy was ‘n lewende brief wat baie die geleentheid
    gegee het om die Waarheid te lees en beleef. ‘n Waardige Seun van God
    met ‘n pemanente nalatenskap. Vandag kan ons ook die Here loof vir
    elke goeie saad wat hy in ons eie lewens gesaai het. Vandag veral,
    reik ons harte uit na julle Mariana en kinders en huil ons saam.
    Met liefde
    – Ohna Koen

Leave a Reply to angel admin Cancel reply